Young Standards klop Peninsula
2007-09-06
DIE Young Standards het verlede Saterdag daarin geslaag om 'n bonuspunt aan te teken toe hulle Peninsula 'n goeie loesing toegedien het.
Standards het die wedstryd teen 'n vurige pas gespeel en reeds in die eerste 20 minute drie drieë aangeteken om met 38-10 te seëvier. Gedurende die tweede helfte het Standards hulself weer tot basiese rugby gewend nadat hanteerfoute en oorgretigheid kort voor rustyd ingetree het.
Die kaptein , Henley Goliath, het met uitstekende spel uitgeblink en is beloon met twee drieë.
Die afrigter, Marius van Zitters, het gesê dat hy tevrede is met sy span se vertoning, veral nadat hulle vir Peninsula stert tussen die bene huis toe gejaag het.
Young Standards se tweede span het 28-0 gewen met die derde span wat met 36-5 die botoon gevoer het.
* Standards speel Saterdag tuis teen Raithby.
More
News
|