Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-generale troef Young Peoples

Paarl-generale troef Young Peoples
 
2007-09-06


DIE Paarl Rugbyklub moes verlede Vrydag alles in die stryd werp om ’n nederlaag teen Young Peoples by Faurestraat-stadion te voorkom.

Die span van Young Peoples het slegs een oorwinning nodig gehad om as die wenners van die liga bekroon te word, maar hulle derby-teenstanders het ander planne gehad.

Die wedstryd het aanvanklik gesukkel om enige momentum op te bou, maar die wedstryd is vroeg in die eerste helfte op sy kop gedraai nadat die kaptein en haker van Paarl, Riaan Ehlers, vir teëpratery met ’n rooikaart van die veld gestuur is.

Normaalweg sou ’n span onder sulke omstandighede alle motivering en hoop verloor het, maar die oorblywende sewe voorspelers van Paarl het soos generale voortgeveg.

Die tuisspan het Young Peoples in alle aspekte van die spel ore aangesit.

Die agterlyn van Paarl het ook uitstekend gevaar om hul teenstanders op die agtervoet te hou.

Die heelagter Gerhard Brand het die enigste drie van die wedstryd gedruk terwyl Clive Samuel met twee strafskoppe en ’n doelskop geslaag het om Paarl met 13-9 te laat wen.

Brand is ook aangewys as Paarl se speler van die wedstryd.

Paarl II het hul kragmeting met 6-3 gewen terwyl Paarl III naelskraap met 27-26 verloor het.

Paarl Rugbyklub speel Saterdag weg teen Albions by Daljosafat.

* Vier spelers van Paarl Rugbyklub is onlangs by die oefengroep vir die finale Disas-proewe (WP) ingesluit. Hulle is Jacques la Cock, Johannes Voster, Andri Greeff en Clive Samuel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za