Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Historiese gebou gered

Historiese gebou gered
 
2007-09-13


DIE angs van sewe jaar gelede was Sondag weer vars in die gemoed van Wellingtonners toe die historiese Ferguson Huis op Hugenote Kollege se kampus aan die brand geslaan het.

Op 24 Oktober 2000 is Huis Bliss, ’n 100-jarige studentekoshuis op Wellington, deur brand in puin gelê.

Die 80 studente het alles in die vlamme verloor wat die nag deur die gebou gevreet het. Met slegs die binnemure en fasade wat oorgebly het, is die gebou binne 18 maande tot sy eertydse glorie gerestoureer.

Sondagmiddag kort na 14:00 het twee studente rook deur ’n ventilasiegat van die kombuis van die honderdjarige gebou reg langs Huis Bliss, Ferguson Huis, sien trek.

Die gebou word deur Lux Verbi uitgewers benut.

Die brandweer is haastig ontbied en die vuur is tot die kombuis op die grondvloer beperk.

Brandweerpersoneel was egter verplig om ’n gat in die antieke houtvloer van die historiese ouditorium op die eerste verdieping direk bokant die kombuis, uit te ruk.

Die vuur het deur die plafon gesmeul en toe die hout uitgehaal was, was daar reeds brandende kole onder die ingeboude rye houtstoele.

Die brand het moontlik as gevolg van ’n kortsluiting in die kombuis ontstaan.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za