Avontuur in die buitelug
2007-09-13
MEER as 200 uitstallers word verwag vir die avontuur en buitelug-tentoonstelling op Bien Donné plaas in Simondium van Vrydag 28 September.
Vir die naweek, tot Sondag 30 September, sal besoekers hulle kan verlekker en verlustig in die nuutste in buiteluguitrusting en toerusting, vier-trekvoertuie en vierwiel motorfietse, karavane, bote, en alles wat nodig sou wees vir buitelugavonture en ’n reis die vertes in.
Daar sal ook ondervindings aangebied word wat die adrenalien sommer net daar kan laat pomp, ritte in helikopters, in statige asook nuwe motors.
Alle ouderdomme is welkom.
Kaas- en wynproe en smaaklike verversings word aan gaste voorgesit.
Vir nog inligting, besoek www.outdoorexpo.co.za of kontak Shirley by shirley@outdoorexpo.co.za.
More
News
|