Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dood vrygespring

Dood vrygespring
 
2007-09-13


'n YSTERVEER kon onlangs in 'n fratsongeluk maklik die lewe van 'n vrou op pad werk toe buite die Paarl geëis het.

Kort na 08:00 Dinsdagoggend verlede week het Desiree Meyer tussen Rawsonville en Dutoitskloof gery toe haar voorruit soos 'n spinnerak versplinter het.

'n Ysterveer uit die onderstel van 'n vragmotor het op die brug oor die Breërivier afgebreek en is deur die voertuig wat voor haar gery het, opgeslinger.

“Die yster het deur die voorruit van my motor getrek en teen 'n ongelooflike spoed my stuurwiel getref.

"Die stuurwiel het met 90 grade na my gesig toe gebuig en die staalveer gestuit. Was dit nie vir die ingryping van die Here nie, was ek dood,” sê Desiree.

Indien die veer die stuurwiel een milimeter na bo of onder getref het, sou Desiree onthoof wees. Nooddienste was gou op die toneel.

“Vir almal wat gehelp het, baie dankie. Ek was te geskok om name te neem, maar die wonderlike diens en hulp van almal het my vertroue in mense herstel,” het 'n dankbare Meyer gesê.

* A local woman escaped death when her steering wheel blocked a metal shard which had fallen from a truck and pierced her windscreen at high speed..



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za