Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drama op die voorstoep

Drama op die voorstoep
 
2007-09-13


DAAR is deesdae groot drama, veelsydigheid en volop vermaak in die Ou Meul-teater in die Paarl.

Môre om 20:00 is dit Housecoatblues met Marika Reinke en Yolande Rabé en Lukas Heinen op klavier.

In hierdie produksie word die gehoor deel van die voorstoepdrama en lag en huil ons saam met die “anderkant van die chickenfencing”.

Dié kabaret krap die blink stukkies snaaks uit die dowwe gruis onder die voete van mense wat die swaar pad ken. Kaartjies kos R60.

Dinsdag om 20:00 maak Hilandi du Toit haar debuut as solokunstenaar en stel haar CD, “Spore langsaan my” bekend in ’n produksie van woord en akkoord.

Verlange gaan rock en die liefde gaan skreeu tot dit nostalgies dobber onder in jou hart. Kaartjies is R40.

* Donderdag 27 September om 20:00 is dit die bekende Gert Vlok Nel.

“In die Afrikaanse tradisie was daar, ten spyte van ons rykdom aan goeie songs en talentvolle eksperimente, bitter min albums en bundels wat aan al die kwalifikasies van Groot Kuns voldoen.

Aan hoeveel kan ’n mens offhand dink?

Breyten se Mondmusiek, Van Wyk Louw se Raka, Valiant Swart se Dorpstraat Revisited, miskien Sheila Cussons en Opperman, Koos en Gert.
“Gert is verewig in ons kollektiewe bewussyn, of hy nou twintig bundels gaan uitreik of met een gaan volstaan,” sê Koos Kombuis.

Kaartjies kos R70.

Bespreek vir al hierdie produksies by Vicky Stemmet, 083-564-0056.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za