Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koors hoog vir Cultivaria

Koors hoog vir Cultivaria
 
2007-09-13


DIE Paarl is in rep en roer vir die tweede Cultivaria-fees met finesse oor die langnaweek 21 tot 24 September.

Die amptelike opening van die fees se inbelsentrum in die banketsaal, het ’n merkbare styging in kaartjieverkope teweeg gebring en twee weke voor die fees is bykans 15000 kaartjies reeds verkoop.

Cultivaria spog vanjaar met van die top produksies in die land en meer as 100 vertonings gaan in 14 lokale op die planke gebring word.

Etlike vertonings maak vanjaar hulle Kaapse verhoogdebuut tydens die vier-dag fees en vermaakliefhebbers sal moet gou spring om hulle kaartjies te bespreek.

Moenie uitstaande musiektalent soos Chris Chameleon, Mathys Roets, Danie Niehaus en die internasionaal-bekroonde Stef Bos en Vusi Mahlasela misloop nie.

Die vermaakkalender by Cultivaria bied iets vir alle kultuurliefhebbers met dramas en komedies, kuns, kos en wyn sowel as musiekproduksies wat ’n fees vir die oor is.

Vanjaar word die Cultivaria-fees op ’n hoë noot afgesluit met die Paarl Pops by die VGK Huguenot se Strauss-saal in Drakensteinweg op 24 September om 16:30.

Die energieke stemme van Brandon October, Jennifer Jones, die Bala Brothers en Kevin Leo & the Sweet Voices betower met ’n magiese musikale reis van huidige treffers en goue oues.

Die Simfonie-orkes van die Universiteit van Stellenbosch onder leiding van Corvin Matei rond hierdie puik kunstenaarskombinasie af.

Liedere soos A whole new World, Hemel op Tafelberg, die Carmen Ouverture, Fever, Spirit of a great Heart en Barcelona is kos vir die siel.

Van die gewildste vertonings is amper uitverkoop, besoek nou die webwerf by www.cultivaria.com.

Besprekings vir alle vertonings kan gedoen word by die stadsaal se banketsaal.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za