Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leefstylkalender

Leefstylkalender
 
2007-09-13


Vollies. Die plaaslike oudstudente van die Oudtshoorn Onderwyskollege (Vollies) hou môre om 17:00 ’n bring-en-braai by Paarlzicht Primêr. Die program om die Vollie-reünie wat op 21 September op Oudtshoorn gehou word, sal bespreek word.

Angs en depressie. Daar is ’n ondersteuningsgroep in die Paarl vir mense wat depressie en angs ervaar, in hul herstelfase is, asook gesinslede wat ondersteuning bied. Die volgende byeenkoms van die ondersteuningsgroep - waar op die rouproses gefokus word - is Maandag 17 September om 19:00 in die Optenhosp-gebou in Berlynstraat. Skakel Christo Visser en Mientie Kroukamp by 021-872-7466.

Afhanklikheid. Die Christelike Afhanklikheidsdiens vergader vanaf 10 September elke Maandagaand 19:30 by die ACVV-kantoor in Gimnasiumstraat in die Paarl. Toegang is gratis. Kontak Christo Jacobs by 021-863-2076 of 082-256-5006.

Kamp.Voluit vir Jesus kamp word aangebied van 14 tot 16 September by Sandbaai op Hermanus. Die koste is R390 (verblyf en etes ingesluit). Kontak Ilze by 021-881-3708.

Donate blood. Bood donors can attend clinics on Thursdays (10:00 to 19:30) in Main Street, Paarl. Prospective donors are reminded to have something to eat before donating. Contact the Western Province Blood Transfusion Services on 021-507-6300.

Compassionate Friends. Daar is ’n ondersteuningsgroep in die Paarl vir ouers (gesinne) wat ’n kind of kinders aan die dood afgestaan het. Navrae by 021-872-3613.

Tik-hulp. Die St Josephs AME-kerk in Bougaardstraat, Paarl, bied berading en voorbidding vir mense wat met die Tik-probleem worstel. Skakel eerw Keith Links by 076-450-4198.

Drug Abuse. Do you or a member of your family have a problem with substance abuse? Drug Wise can help. Call Anne-Marie at 021-872-3297.

Bid. Almal is welkom om elke dag van 13:00 tot 14:00 te kom bid by die Heilsleerkerk in Bredastraat, Paarl.

Jeug. Die sentrum vir jeug- en familiebediening van die Hugenote Kollege, Space, in Pentzstraat, Wellington, verskaf pastorale begeleiding vir jongmense met probleme soos groepsdruk, selfmoordneigings, dwelmafhanklikheid en gesinsgeweld Woensdae tussen 14:00 en 16:00 teen ’n fooi van R20. Kontak Gielie Loubser by 021-873-2736.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za