Stalletjies vir fees
2007-09-13
BESPREKINGS van stalletjies vir die Paarlse Liggiesfees in Desember, het geopen.
Aansoekvorms is beskikbaar by Paarl Inligtingskantoor op die hoek van Hoof- en Auretstraat gedurende kan-toorure weeksdae.
Die Liggiesfees vind plaas 7 en 8 Desember, gevolg deur die “Carols by Candlelight” geleentheid op Sondag 9 Desember.
Talentvolle sangers en dansers in die Vallei word genooi om hulle name en kontaknommers in te dien as hulle belang stel om ‘n oudisie af te lę vir optrede by dié Fees.
Oudisies word gereël vir 20 Oktober.
More
News
|