Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fees van sensuele vrouwees

Fees van sensuele vrouwees
 
2007-09-13


ALLE “bevryde, sappige vriendinne”, word genooi na ‘n fees van sensuele vrouwees by Nederburg, Paarl, op Saterdag 3 November.

Bring jou hartsmense en kom kuier om ‘n tafel, nooi pretprater en seremoniemeester Elsabé‚ Aldrich.

Die tema is “‘n Sappige vrou verlustig haar in eie sensualiteit”, met ervare kliniese seksoloog, Dr Eve.

Die oggend sal jou verander van louwarm oor die muur tot ‘n rooiwarm wese.

Geniet ook ‘n proe-ervaring saam met Katinka van Niekerk, bekende wyn- en koskonsultant. Sy skoei haar praatjie op ‘n “liefdesverhouding met vyf smaak sensasies.”

‘n Driegangmaaltyd word voorgesit deur Retha Rix van Wellington, met die kunstenaar vir die oggend Martelize van Idols-faam.

Drag is spierwit met ‘n spatsel kleur.

Die koste vir die oggend 09:00 tot 12:30 is R200, ten bate van die ACVV Paarltak se speelgroepe vir minderbevoorregte kinders.

Bring kontant saam vir ware van verskillende uitstallers.

Besprekings en navrae by Marianna van Niekerk, 083-302-5612 of e-pos custadm@mweb.co.za.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za