Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beste olywe en olies beoordeel

Beste olywe en olies beoordeel
 
2007-09-13


SUID-AFRIKA se top olyfolie en olywe sal binnekort aangewys word by ‘n dinee in die Paarl waar die SA Olive Industry Awards oorhandig word.

Die kompetisie, slegs in sy tweede bestaansjaar, bou voort op die sukses van die vorige jaar met ‘n groei van 69% in inskrywings, ‘n bewys van die gewildheid van dié kompetisie.

Ekstra suiwer olyfolies sal teen mekaar te staan kom vir die Consol trofee vir die beste plaaslik vervaardigde olyfolie van die 2007 oesjaar.

Die tafelolyfkompetisies het ook met rasse skrede gegroei wat die belangstelling in hierdie kategorie verder onderstreep.

Olies sal weer eens in drie kategorieë beoordeel word – delikaat, medium vrugtig en intens vrugtig.

Tafelolywe kompeteer in die swart, groen en gegeurde klassering en sal beoordeel word aan aroma, voorkoms, konsekwentheid van voorkoms en kleur, geure van sout en suur, tekstuur en algehele balans.

Buiten die twee trofeë vir beste Ekstra Suiwer olyfolie en tafelolywe onderskeidelik, sal daar ook goue en silwer toekennings as kwaliteitstandaard toegeken word.

Die SA Olive Achiever of the Year sal uit die bedryf aangewys word, hetsy uit die geledere van olyfprodusent, kwekery, tafelolyf en olyfvervaardigers of enige aanverwante produk of aktiwiteit binne die bedryf wat ‘n noemenswaardige bydrae gelewer het tot groei en ontwikkeling binne die plaaslike olyfbedryf.

Die proepaneel bestaan uit bedryfskundiges met Linda Costa, produsente Gerrie Duvenhage en Reni Hildenbrand, sjef Craig Cormac, Romi Boom, Noeil Vorster; Ilsa van Rensburg, Schalk Smit en Carlo Costa, olyfkonsultant.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za