Krynauw gesoek
2007-09-13
EK is al vir ‘n geruime tyd besig om navorsing te doen oor die Krynauw familie, beide in Suid-Afrika asook in die buiteland.
In die proses het ek ‘n register saamgestel bestaande uit ongeveer 750 Krynauws en ongeveer 500 aangetroudes en direkte nasate met ander vanne.
Ek beoog om die register na voltooing beskikbaar te stel.
Daar is nog heelwat gapings in my databasis en baie waarskynlik ook foute. Dus versoek ek alle Krynauws, Krynauw-aangetroudes, Krynauw-nasate of enige ander belangtellendes om my asseblief te kontak. Ek sou graag my inligting wil opdateer en enige moontlike foute wou regstel voordat die register die lig sien.
Kontak my by krynauw@gmail.com of Posbus 21555, Bluff 4036.
Jos le Roux
More
News
|