Fees sit brood op tafel
2007-09-13
BENEWENS die kulturele implikasies van Cultivaria maak die fees ’n wyer impak op die groter Drakenstein gemeenskap in terme van werkskepping, vaardigheidsontwikkeling en toerisme.
Die eerste Cultivaria-fees het verlede jaar na raming ’n ekonomiese inspuiting van meer as R25 miljoen aan die Drakenstein gebied besorg en werksgeleenthede vir meer as 200 voorheen werklose mense geskep.
Hierdie jaar is geen uitsondering nie en die Nashua-inbelsentrum, in die stadsaal, is ’n sprekende voorbeeld van die werkskeppingsdoelwitte van die fees.
’n Groep van 12 werkloses is gewerf om besprekings en telefoniese navrae rondom die fees te hanteer.
Die groep ontvang spesiale opleiding en van die groep wat verlede jaar in die inbelsentrum werksaam was, het 11 inbelsentrum-personeel daarin geslaag om ná die fees vaste betrekkings in die privaat sektor te kry.
Cultivaria is die enigste fees in Suid-Afrika wat sy eie webwerf en inbelsentrum het, waar kaartjies vir die meer as 100 produksies elektronies direk op die webwerf of deur die Nashua inbelsentrum gedoen kan word.
More
News
|