Hy is 'n ware ster
2007-09-13
EK wil baie dankie sê aan inspekteur Arendse wat aan diens was op die N1 tussen die Paarl en Klapmuts op die nag van 29/30 Augustus.
My motor het onklaar geraak en ek kon nie verder ry nie.
Alhoewel ek reeds die blitspatrollie en insleepdienste gekontak het voor sy aankoms, het hy nie moeite of tyd ontsien om by my te vertoef gedurende die middernagtelike ure nie.
Met die aankoms van die polisie en insleepdiens, het hy steeds ’n ogie gehou totdat hy gemaklik was dat ek en my motor weer op pad was. Sy vriendelikheid en toegewydheid sal my altyd bybly.
So ’n situasie in die nag langs ’n pad kan baie maklik verder skeefloop en sy dienslewering het my gemaklik laat voel.
Mense kritiseer maklik standaarde van dienslewering, party mense doen net-net hul werk en ander meer of minder. Hoe dit ook al sy, ’n mens kan op inspekteur Arendse staat maak.
Oelof Dippenaar
More
News
|