Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom mag honde dan so los loop?

Hoekom mag honde dan so los loop?
 
2007-09-13


EK woon tans in Spes Bona, Paarl-Oos - ‘n gebied waar ek soms wonder, is ek op die regte plek?

Daar is al twee keer ingebreek in ons voertuie, daarna by die huis, met die skelms nog steeds op vrye voet.

Maar nou tref die noodlot ons nog steeds! Ander inwoners in die gebied se honde kom los nou hulle “landmyne” voor my ingang.

Dit is vir my onaanvaarbaar dat mense honde aanhou, en hulle nie kan beheer nie.

Hoekom weet ék dan om my honde veilig agter in my agterplaas te hou, maar ander mense laat hulle honde op vrye voet rondhardloop om op my werf te kom mors?

Hierdie honde is of vol brandsiek of vol bosluise en dit laat ‘n naar kol op my maag.

Elke môre begroet ‘n vars landmyn my, en dit jaag my bloeddruk op.

Dit help ook nie meer om 872-4755 te skakel nie, want die mense wat die probleem hanteer, bly alewig of nie op kantoor nie, of besig op die pad.

Hierdie honde wat so rondloop beskou ek as “rondloperhonde” en dit sal goed wees as hul verwyder kan word van die strate. Hulle versprei hul kieme orals net waar hulle kom, en kinders tel dit op.

Ek wil tog ‘n ernstige beroep op die owerheid doen (aan wie ek belasting betaal) om tog iets aan die saak te doen. Dit sal net ‘n beter wêreld wees as ons die wet toepas en die “probleem” oplos.

Anoniem



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za