Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dagboek

Dagboek
 
2007-09-13


KRIEKET
* Paarl Krieketklub oefen Maandae (akademie by Boland-park om 19:30), Dinsdae (gimnasium by Boland-park om 19:00) en Woensdae (Bobergsaal by Boland-park om 19:00). Alle ou en voornemende lede word versoek om oefeninge by te woon met die oog op die nuwe seisoen wat Saterdag 6 Oktober afskop wanneer Paarl I en II kragte meet teen Young Peoples by die Parys-velde. Oefeninge sal vanaf 25 September by die Parys-velde plaasvind. Die biefstukverkope vind môre plaas by die huis van Angelo Carolissen in Geelhoutlaan 5, New Orleans. Die prys is R35 per bord.

* Young Peoples Krieketklub skop môre hul seisoen af met 'n bekendstellingsfunksie by die Abattoir-saal om 18:30. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees teen R20. Dié klub oefen Maandag en Woensdag by Daljosafat om 17:30.

RUGBY
* Die Paarl Streekspan speel volgende Woensdag ’n vriendskaplike wedstryd teen die WP Disa-span op Kraaifontein. Spelers oefen Maandag om 19:00 by Daljosafat. Die twee senior streekspanne, saam met die o.20’s, speel Vrydag 21 September nóg ’n vriendskaplike kragmeting teen Pniel Villagers. Vir navrae, skakel Pompies Williams by 072-416-5048 of Hermie Andrews by 072-469-2321.

ATLETIEK
* Paarl Atletiekklub bied Saterdag ’n groepoefening vir alle lede aan. Die afstand van hierdie oefenlopie sal ongeveer 18km wees. Atlete spring om 06:00 weg vanaf Seven Days Supermark in Noorder-Paarl. Vir meer inligting of navrae, skakel Sybrand du Plessis by 083-444-6940.

TENNIS
* Die Boland Tennisafrigtersvereniging bied Vrydag 19 Oktober ’n Nasionale Tennis Opvoedingskonvensie aan by die Wellington-kampus van KSUT. Die tyd is nog nie bekend gemaak nie. Vir meer inligting, skakel Amourine Berner by 084-401-6841.

KRIEKET
* Die Bergrivier Krieketklub bied volgende Donderdag om 19:00 hul algemene jaarvergadering by die klubhuis aan. Alle ou en voornemende lede word uitgenooi om hierdie verrigtinge by te woon wat grootliks oor die vrienskaplike wedstryd van 22 September sal handel. Vir meer inligting of navrae, skakel Alfred Minnaar by 082-945-1291.

HENGEL
* DIE Paarl Hengelklub is reg vir die nuwe hengelseisoen en sterk kompetisie word verwag. Die 2006/2007 klubkampioene is egter vol vertroue dat hulle weer as die wenners uit die stryd sal tree. Die eerste kompetisie vind Saterdag plaas. Belangstellendes wat by die klub wil aansluit kan vir Niel Bruwer kontak by 072-693-6441. Almal is welkom.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za