Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards skraap net-net deur

Standards skraap net-net deur
 
2007-09-13


DIE eerste span van Young Standards Rugbyklub het Saterdag weer hul staal gewys toe hulle Raithby met een punt gewen het.

Die Paarliete het die wedstryd teen 'n vinnige tempo begin, maar kon nie daarin slaag om geleenthede in punte te omskep nie.

Twee strafskoppe laat in die eerste helfte het die telling tot 3-3 gebring.

Standards het gedurende die tweede helfte die spel oorheers en deur Bredman Arendse hul eerste drie aangeteken.

Enrico Davey het nóg 'n strafskop deur die pale gejaag om sy span met 11-3 te laat voorloop.

Kort voor die einde van die wedstryd het die Paarliete 'n ineenstorting beleef wat toegelaat het dat Raithby 'n verdoelde drie aanteken.

Gelukkig het Standards se verdediging gehou om enige verdere aanslagte die hok te slaan. Young Standards het hierdie kragmeting 11-10 gewen.

* Young Standards kom Saterdag in 'n plaaslike derby teen Riverstones te staan. Die hoofwedstryd begin om 16:00.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za