Hillcrest deur na kwarteind
2007-09-13
DIE Hillcrest United Rugbyklub het die afgelope naweek met ’n glansvertoning teen Touwsrivier hul plek in die kwarteindronde van vanjaar se Presidentsliga (Boland) verseker.
Die Wellingtonners het glad nie ’n maklike wedstryd gehad nie en moes hard baklei om hul teenstanders uiteindelik met 24-18 te klop.
Adam Arendse het twee keer agter die doellyn gaan draai met John Abrahams en Weeso Zeeland wat ook elkeen een drie aangeteken het.
Conroy Gertze het twee doelskoppe oor die dwarslat laat seil. Hillcrest kom Saterdag teen Kleinmond te staan by die Bolandpark-stadion op Worcester waar sake uitgespook gaan word vir ’n plek in die semi-finaal.
* Die bus vertrek Saterdag om 11:30 vanaf Mannies Supermark.
More
News
|