Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions te goed vir Paarl

Albions te goed vir Paarl
 
2007-09-13


DIE eerste span van Albions het die afgelope naweek met uitstekende rugby vorendag gekom om hul bure Paarl Rugbyklub tydens hierdie derby naelskraap met 22-18 te wen.

Die ligter pak voorspelers van Albions het bewys dat gewig nie die alfa en omega van wenrugby is nie, terwyl die lostrio ook hul teenstanders se tier was.

Wat die agterlyne betref, was die twee spanne baie gelykop met aantreklike hardlooprugby die orde van die dag.

Paarl het eerste bloed getrek met twee strafskoppe, maar Albions het baie vinnig hierop geantwoord met twee strafskoppe en ’n drie deur Dominic Daniëls.

Met die rustydtelling 11-6 in die guns van Albions, moes Paarl uithaal en wys in die laaste veertig minute om in die wedstryd te bly.

Paarl-klub het met volgehoue druk hulself in ’n posisie bevind waar hulle die voortou met twee drieë en ’n doelskop geneem het.

Dissipline het uiteindelik die ondergang van Paarl-klub beteken nadat Daniëls nóg twee strafskoppe deur die pale gejaag het om Albions te laat seëvier.

Lincoln du Preez het Albions se tweede drie gedruk.

* Albions II het hul kragmeting 20-15 gewen terwyl Albions III 15-10 met Paarl afgereken het. Hierdie klub speel Saterdag hul laaste ligawedstryd (weg) teen Elsiesrivier. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Dalvale Vulstasie.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za