Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers voel vere vir sukkelende Valke

Kavaliers voel vere vir sukkelende Valke
 
2007-09-13

Jacques Rossouw

DIE Boland Kavaliers moes verlede Vrydag oë toeknyp en skouer insit om die Valke tydens ’n harde, maar opwindende, Curriebeker-stryd op Wellington met 24-20 te klop.

Tot dusver het die Valke nog nie ’n wedstryd in vanjaar se kompetisie gewen nie en die Bolanders moes baie hard spook om seker te maak dat hierdie rekord so bly.

Die besoekers het uit die staanspoor laat blyk dat hulle gekom het om die Kavaliers op hul neuse te laat kyk en het teen rustyd die voortou geneem met 20-19.

Die voormalige Boland-losskakel, Jacques Schutte, het die Valke op die voorvoet gehad met twee doelskoppe en een strafdoel.

Die Kavaliers se losskakel, Isma-eel Dollie, het in een van sy swakker vertonings hierdie seisoen gesukkel om sy ritme te vind en het met vier pogings pale toe misluk.

Die tweede helfte was ’n ander storie. Die Bolanders het met meer doelgerigtheid begin speel en ook verdediging van die hoogste gehalte ten toon gestel om die Valke se vere een vir een uit te pluk.

Die besoekers het alles in die stryd gewerp om hul voorsprong te verdedig, maar die Bolanders het hul kanse uiteindelik beter benut.

Jongikhaya Nokwe, Du Plessis, Dries van Schalkwyk en Francois Prinsloo het agter die Valke se doellyn gaan draai terwyl Dollie met twee doelskoppe geslaag het.

Die Boland Kavaliers speel môre (Vrydag) teen die Haaie by Absa-stadion in Durban om 18:00.

Die Haaie het vroeër hierdie seisoen ’n moeilike tyd gehad om die Bolanders in Wellington met 26-12 te klop.

Alhoewel die span van KwaZulu-Natal die voordeel van ’n tuiswedstryd het, sal die Kavaliers gretig wees om die bordjies te verhang.

Die Kavaliers lê tans 6de op die Curriebeker-punteleer met 17 punte nß tien wedstryde.

Hulle is vier punte agter die Westelike Provinsie en is voorlopig een punt bo Griekwas (nege wedstryde gespeel).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za