Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Allandale vertrap Violets se drome

Allandale vertrap Violets se drome
 
2007-09-13


DIE Allandale Rugbyklub het verlede Saterdag geen genade getoon tydens die derbystryd teen Violets by die Daljosafat-stadion nie.

Alhoewel Violets gedurende die eerste helfte gewys het dat hulle honger is vir die oorwinning wat hulle ’n algehele tweede posisie op die punteleer sou besorg, het hul teenstanders egter ’n stokkie daarvoor gesteek.

Die wedstryd was uiteraard baie hard en ongenaakbaar, met die speelveld wat by tye gelyk het soos ’n slagveld uit die Eerste Wêreldoorlog.

Violets het baie goed gedoen om hulself in gunstige, aanvallende posisies te kry, maar het gesukkel om die druk van hul teenstanders te verwerk en sodoende verskeie kanse verspeel.

Makkie Heyns en Dorian Isaacs was die enigste spelers van Violets wat Allandale se verdediging kon breek om agter die doellyn te gaan kuier.

Allandale het hierdie kragmeting gemaklik met 19-10 gewen en sodoende te verhoed dat Violets hul mikpunt hierdie seisoen bereik.

Violets II het hul seisoen op ’n hoë noot afgesluit nadat hulle 42-7 met Allandale II afgereken het.

Met hierdie oorwinning het die Violets-manne verseker dat hulle die top-span in vanjaar se liga is.

Die derde span van Violets het ook ’n suksesvolle dag agter die rug gehad nadat hulle met 26-0 geseëvier het.

* Violets Rugbyklub bied môre hul prysuitdeling aan by die Hugenote Gemeenskapsaal om 19:30.

Die musiekgroep Newtonians sal tydens hierdie geleentheid optree en kaartjies is R50.

Hierdie klub bied ook Maandag hul algemene jaarvergadering in die Bethel-saal om 19:30 aan.

Alle ou en voornemende lede is welkom om die verrigtinge by te woon. Vir meer inligting, skakel David Adams by 021-862-7319 of 083-668-0231.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za