Maak saam 'n verskil
2007-09-20
DIE jeug van die gemeente Beacon of Light nooi alle jongmense uit na hul jeugweek vanaf Sondag te St Georgestraat, Weltevrede, Wellington.
Die tema is: “If we stand together we can make a change”.
Die jeugweek word afgeskop Sondagaand met ’n lewendige Prys en Aanbieding deur die gemeente se prys- en loofspan.
Die prediker is pastoor André Hendricks.
Maandagaand is die prediker pastoor Mars, en Dinsdagaand pastoor Jansen.
Woensdagaand is ’n opelugbyeenkoms by die Colibrisaal, Donderdagaand is pastoor Eben Mourries aan die woord en Vrydagaand is daar ’n Talentaand met sang, dans, drama en getuienis.
Skakel Anthea Douman 073-523-4568 of Deon Abrahams 083-874-6123 vir navrae.
More
News
|