Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lyding van oorlog

Lyding van oorlog
 
2007-09-20


’n ROERENDE fotografiese oorsig van die Anglo-Boereoorlog, ‘Lyding van Oorlog’, open op Erfenisdag 24 September by die Breytenbach-sentrum in Burgerstraat, Wellington, om 11:00.

Die lyding van vrouens en -kinders in dié oorlog is alombekend en hierdie unieke fotografiese tentoonstelling bied ’n nadere blik hierop.

Meer as 100 000 vrouens en kinders is in haglike omstandighede gevangene gehou in konsentrasiekampe, waarvan daar geskat word byna 30 000 gesterf het.

Die spreker by die opening van dié uitstalling is die bekende erfenisskrywer Martiens van Bart.

Besprekings kan gedoen word by Lelani op 021-873-2786.

Die uitstalling duur tot 26 Oktober.

* By die Breytenbach-sentrum groei die kunste sedert die opknapping van die ou losieshuis en die oopstelling vroeër vanjaar.

Daar word benewens funksies en kunsuitstallings ook seminare gehou, en vertrekke uitgehuur aan aanbieders van kreatiewe aktiwiteite.

Klasse in mosaïekverf, kitaarlesse, asook Frans- en dramaklasse, word aangebied.

Vir inligting, skakel die sentrum by die nommer hierbo.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za