Vors jou stamboom na
2007-09-20
DIE Wes-Kaapse tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) hou Maandag hul jaarlikse erfenisdagviering in die saal van die Holy Trinity Church, Hoofstraat 222, Paarl van 09:00-16:00.
Verskeie instansies wat familie- en volksgeskiedenis navors en bewaar, word verteenwoordig en belangstellendes kan navraag doen oor hoe om hul familiestamboom na te speur.
Instansies wat familie- en volksgeskiedenis navors en bewaar, sal verteenwoordig wees: die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika in Stellenbosch, die Van Riebeeck Vereniging, Cape Family History Society and Cape Family Research Forum, Kaapstadse Argief, Hugenote Vereniging van Suid-Afrika.
Vir meer besonderhede, skakel Marianne Meyer by 021-976-9710, 083772-5859 e-pos haar by of cornerstonep@mweb.co.za.
More
News
|