Gert maak draai in die Ou-Meul
2007-09-20
DAAR is deesdae groot drama, veelsydigheid en volop vermaak in die Ou Meul-teater in die Paarl.
Volgende Donderdag, 27 September om 20:00, is die bekende Gert Vlok Nel op die verhoorg.
“In die Afrikaanse tradisie was daar, ten spyte van ons rykdom aan goeie songs en talentvolle eksperimente, bitter min albums en bundels wat aan al die kwalifikasies van Groot Kuns voldoen,” sê Koos Kombuis.
Aan hoeveel kan ’n mens offhand dink? Breyten se Mondmusiek, Van Wyk Louw se Raka, Valiant Swart se Dorpstraat Revisited, miskien Sheila Cussons en Opperman, Koos en Gert.
Die kreatiewe Afrikaanse digter wat musiekmaak, soos ’n Antjie Krog se woorde op ’n Bob Dylan se kitaar.
“Gert is verewig in ons kollektiewe bewussyn, of hy nou twintig bundels gaan uitreik of met een gaan volstaan,” sê Koos.
Kaartjies is R70.
Bespreek by Vicky Stemmet, 083-564-0056.
More
News
|