Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Duitse kerk hou basaar

Duitse kerk hou basaar
 
2007-09-20


DIE Duitse Kerk bestaan al vanaf 1880, en omdat Duitsers inherent gesellig is, het hulle maar gereeld een of ander fees gevier.

Gewoonlik word basaar gehou in Oktober, maar hierdie jaar vind dit plaas op Saterdag om 09:00, in die middel van Cultivaria, en soos altyd op die Duitse kerkterrein in Meulstraat.

Paarliete is alreeds bekend met tipiese Duitse lekkernye soos die bekende kaaskoek, Schwarzwalder Kirschtorte en verskillende appelterte.

Daar sal ’n vleistafel wees met tuisgemaakte sult en wors, asook ’n lorrie vol plaasvars groente, en vir lentetuiniers genoeg sade en plante.

Ander tafels met naaldwerk, geskenke en tweedehandse boeke sal ’n plesier wees om te besoek.

Daar sal tot 17:00 gekuier word.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za