Top gestremde fietsryers in aksie
2005-03-09
DIE SA Padfietsrykampioenskappe vir gestremde ryers het gister in die Paarl begin.
Ryers het gister in die vorm van ’n tydtoets teen mekaar meegeding. Die opwindendste aksie sal egter vandag tydens die padwedrenne plaasvind.
Die plaaslike Paralimpiese silwermedaljewenner, Ernst van Dyk, sal in die handfiets-afdeling kragte meet teen twee ryers van Europa. Ander ryers wat ook met belangstelling dopgehou kan word, is die Paarliet Janos Plekker.
Plekker moes Maandagaand tydens die SA Baankampioenskappe in Bellville met drie tweedeplek-plasings tevrede wees, toe hy in die tydtoets, enkelagtervolging en 200m deur Stephan Herholdt geklop is.
Riaan Nel van Kraaifontein, is die huidige Wêreld en Europese kampioen in die driewiel-afdeling, en sal ook vandag wys in watter vorm hy is.
Die padwedrenne begin om 08:30 by die ingang van Boland Park.
More
News
|