Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe huise word vinnig voltooi

Nuwe huise word vinnig voltooi
 
2007-09-20


DIE Drakenstein munisipaliteit het 99 nuwe huise oorhandig in “Beverley Hills”, Groenheuwel, sedert Julie.

Volgens die koördineerder van behuisingsprojekte, Cupido Jacobs, behoort altesame 663 huise in hierdie projek (59) teen die einde September voltooi te wees deur The Mellon Housing Initiative.

“Dit mag dalk later geskied aangesien daar nou oorgeskakel sal word na 40 vk meter huise in plaas van 36 vk/m,” sê Jacobs.

Daar is alreeds goeie samewerking tussen die Polisieforum en die inwoners met die toemaak van ’n smokkelhuis hier.

Volgens kontrak kry begunstigdes ’n teëldak met sonverhittingspanele vir die waterstelsel, binnemure vir twee slaapkamers, teëls in die kombuis met ’n wasbak en kassie, ’n stort en handewasbak in die badkamer, asook ’n tweede buitedeur.

Dié voordele word befonds deur die Ier Niall Mellon (sowat R12 000 per huis).



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za