Blomvrou beroof
2007-09-20
’n BLOMMEHANDELAAR van Paarl-Oos is Saterdagoggend van bykans R5000 beroof toe sy in haar motor aangeval is.
Yolanda Dampies was onderweg om haar weeklikse verdienste na die bank te neem en het in haar stilstaande voertuig op die hoek van Jan van Riebeeck- en Klein Drakensteinweg gesit.
’n Man het aan haar venster geklop en vir aanwysings gevra. Toe sy nie vir hom kon help nie, het hy in die voertuig geklim. Nog ’n man het ingeklim en ’n mes teen Dampies se keel gehou.
Die verdagtes het met die sak geld gevlug, asook haar handsak en selfoon.
Niemand is tans in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Enigiemand met inligting hieroor kan vir insp JT Petersen skakel by 021-807-4000.
’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat veral wanneer mense met waardevolle goedere in hul voertuie ry, hulle te alle tye die deure gesluit moet hou.
* A flower-seller was robbed of almost R5000 while sitting in her car in Huguenot.
More
News
|