Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Insleepman in die sop na ongeluk

Insleepman in die sop na ongeluk
 
2007-09-20


’n GRU-ONGELUK in Dutoitskloofpas het gelei tot die dood van ’n ervare vragmotorbestuurder, en die inhegtenisname van ’n insleepdiensbestuurder.

Die ongeluk het Vrydagoggend omstreeks 08:00 plaasgevind toe ’n vragmotor wat ’n reuse-vrag pleistergips vervoer het, die pad byster geraak het op die steil afdraand van die pas naby die oostelike ingang van die Dutoitsklooftonnel.

Die swaar voertuig het verskeie kere by ’n krans afgerol, voordat dit sowat 60m verder tot stilstand gekom het in die bedding van die Molenaarsrivier.

Die bestuurder, Stoffel Houtsamer (51) van Elsiesrivier, se lewelose liggaam het, spierwit gepoeier van die gips, tussen die voorwiele van die vragmotor gelê. Hy is vermoedelik op slag dood toe hy uit die kajuit geslinger is.

’n Ander vragmotorbestuurder wie se voertuig onklaar geraak het, het toevallig oorkant die pad gestaan waar die ongeluk plaasgevind het. ’n Verkeersbeampte het agter dié voertuig gestaan.

Hulle het verstom toegekyk hoe die vragmotor met skreeuende bande om die draai kom en by die krans aftuimel.

“Dit is die soveelste keer dat ’n vragmotorbestuurder op dié pad beheer verloor,” het die verkeersbeampte gesê.

“Dikwels wil die vervoermaatskappy nie vir hulle die nodige tolgeld gee nie, óf die bestuurders verkies om dié geld in hul sak te steek.”

Een van die eerste voertuie op die ongelukstoneel was die insleepvoertuig van Vincent la Grange van LG Towing.

Volgens ’n verkeersbeampte wat kort daarna sy verskyning gemaak het, het hy vir La Grange aangespreek omdat hy in die verkeerde rigting langs die pad staan.

“Hy het ons waarskuwings geïgnoreer en toe ons vir hom vra om sy lisensie aan ons te toon het hy in die voertuig gespring en weggejaag.

“Ek was kort op sy hakke deur die Hugenote-tonnel en aan die anderkant het ’n wit BMW, wat vermoedelik aan sy broer en eienaar van LG-towing, Pieter, behoort, vir hom te hulp gesnel en vir my van die pad af probeer dwing.

“Ek moes net koes anders het hulle vir my raakgery.

“Ek is agter hulle aan en hulle het by Sonstraalweg van die N1 afgedraai en daarna in Klein Drakensteinweg in.

“Hulle het geweldig roekeloos gery en Vincent het hiér rakelings ’n groepie kleuters op die sypaadjie gemis.

“Hulle het uiteindelik naby die Paarl-Oos polisiestasie tot stilstand gekom toe ek voor hulle ingery het.”

Vincent is in hegtenis geneem en aangekla van roekelose bestuur, sowel as die versuim om inligting aan ’n wetstoepasser oor te dra.
Hy is later Vrydagmiddag op borg vrygelaat en het Maandag in die Paarl Landdroshof verskyn.

Intussen het ’n reuse bergingsoperasie plaasgevind by die ongelukstoneel in Dutoitskloof.

Talle reddingswerkers het by die krans afgeseil, op soek na nog passasiers.

Daar is egter eers later bevestig dat Houtsamer die enigste insittende was.

* A truck driver was killed and a tow-truck driver arrested after an accident in Du Toit’s Kloof.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za