Skryf kind nou in vir 2008
2007-09-20
OUERS wie se kinders volgende jaar met primêre skool of hoërskool begin of van skole gaan verwissel in 2008, moet nou reeds aansoek doen om hul kinders by ’n skool ingeskryf te kry.
Moenie wag tot Januarie volgende jaar nie, want die skool waar u dan aansoek om toelating vir u kind wil doen, kan dalk vol wees.
Doen dus NOU aansoek om toelating deur die skool te besoek.
Personeel by die skool sal aan u verduidelik watter dokumente benodig word vir toelating en sal u ook help om die aansoekvorm in te vul.
Indien u nie by die betrokke skool gehelp kan word nie, kan u die plaaslike Oboskantore te Hospitaalstraat 6, Paarl, besoek vir hulp.
Vir verdere navrae, bel hulle ook by 021-860-1200 of tolvry 0800-200-506.
More
News
|