Teken 'n perd en wen
2007-09-20
JONG kunstenaars, trek julle esels nader. Julle kan dalk naam maak deur ‘n kunskompetisie ter feesviering van die Perd- en Wynfees op 20 Oktober in Windmeul.
Kunstenaars moet hul indrukke van die vervoermiddele van gister, vandag en môre weergee.
Laerskoolleerders moet ‘n perd in ‘n wingerd uitbeeld. Daar is groot kontantpryse op die spel.
Kunswerke op ‘n A3 papier moet voor 10 Oktober afgelewer word by Nelson’s Creek Wynlandgoed.
Navrae by Julie van der Merwe 021-869-8500 of 082-3786-926.
More
News
|