Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Versekering onbetroubaar

Versekering onbetroubaar
 
2007-09-20


EK wil graag ook ’n stuiwer in die armbeurs gooi na aanleiding van die brief in Paarl Post (23 Augustus) oor mediese fondse wat nie daar is as jy hul werklik nodig het nie.

Ook lewensversekering is ’n oëverblindery van begin tot einde - die “gekwoteerde” uitbetaling met aftrede, die ongeskiktheidsdekking, premiekwytskelding, en so meer.

Jammer, maar ongelukkig voldoen jy as individu nie aan die voordele wat dieselfde 'gevalle' in maatskappy-verband verkry met presies dieselfde eise as wat jy indien nie.

My oë het met ’n skok oopgegaan. Dit wat jy dink jy sal kry en dit wat in die 'fyn skrif' verskuil is - is twee onoorbrugbare verskille!

Ons moes ook derduisende rande uit ons sak betaal vir my man se siekte en behandeling - ons raak bankrot en die versekeraars ryker!

Ek kan boeke skryf en lewendige bewyse bring (mense wat in maatskappyverband met minder 'ongeskiktheid' ten volle uitbetaal is), om my stelling te staaf.

Anti-Aasvoël



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za