Ondersteuning vir diabete
2005-06-09
DIE Dis-Chem Diabetes Ondersteuning vergader weer op Woensdag 22 Junie om 19:00 in die Holy Trinity-saal, Hoofstraat, Paarl.
’n Praatjie oor “Verkoue en griep, arthritis en verwante siektes” word deur Marinda van Breda van Nativa aangebied.
Daar gaan weer gelukkige trekkings wees. Verlede maand se wenners was Hester Ellis en W Petersen.
Diabete word ook gevra om die “Diabetes Suid-Afrika” registrasievorm in te vul en by die vergadering in te handig. Vorms is beskikbaar by Dis-Chem.
Belangstellendes en nuwe diabete is welkom. Navrae by Pat Hayman, 872-7590.
More
News
|