Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geen waarskuwing van Raad pla baie

Geen waarskuwing van Raad pla baie
 
2007-09-20


ONS sluit graag aan by SS Wedgwood (“No warning of these adjustment levies” in Paarl Post van 30 Augustus) rakende bogenoemde onaanvaarbare praktyk.

Nadat ons verlede jaar belastingverhogings so hoog as 87% op sekere kommersiële eiendom moes aanvaar weens die herwaardasie van eiendomme, word Drakenstein Belastingsbetalers hierdie jaar bo en behalwe die aangekondigde verhogings verras met regstellings op feitlik elke eiendom in ons besit.

Geen vooraf waarskuwing of verduideliking was gegee nie.

Regstellings op ons rekeninge vir kommersiële eiendomme wissel van R800 tot R27 654 sonder beskrywings.

Na ‘n twee uur lange besoek aan ons Adjunk-Stadstesourier, mnr André Abrahams, is aangevoer dat ses van die sewe rekeninge ontvang foutiewelik met regstellings uitgestuur was.

Die korrekte regstellings was vir herwaardasies en foutiewe telling van toiletpanne. Ons is krediete beloof vir die foutiewe regstellings.

In een geval is daar ‘n regstelling gedoen vir die aantal vullisdromme wat leeggemaak word op ‘n industriële perseel. Die regstelling is terugwerkend vir drie jaar bereken.

Na ondersoek is gevind dat die aantal dromme wettiglik met getekende munisipale vorms gedurende April 2007 vermeerder is.

Indien ons nie navraag gedoen het nie, sou ‘n bedrag van R47 289 addisioneel en onregmatig van ons verhaal word.

Na verdere navraag het die spesialis op hierdie gebied beslis dat mnr Abrahams se regstelling foutiewelik beloof is en dat die oorspronklike aanslag, met die uitsondering van een, korrek was. Dit is baie verwarrend.

Volgens mnr Abrahams is briewe aan belastingbetalers gestuur, maar soos me Wedgwood in haar skrywe meld, is daar vir geeneen van ons eiendomme skrywes ontvang nie.

Dit het tyd geword dat Drakenstein belastingbetalers ontwaak en ons Stadsraadslede aanspreeklik hou vir die optredes van die amptenare wat duidelik in sommige gevalle onbevoegd en onopgelei is om hul taak sorgvuldig uit te voer.

AW van der Sluys



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za