Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stoeiers wys slag

Stoeiers wys slag
 
2007-09-20


DIE plaaslike stoei-broers Beyers en Coenraad de Villiers (Genesis Stoeiklub, WP) het die afgelope naweek by die 41ste SA Kus Vrystylkampioenskap in Stellenbosch elkeen goue medaljes in hul onderskeie groepe verower.

Beyers, die jongste van die twee broers, het in die 0.15 69-76kg afdeling die botoon gevoer om met Dewald Spangenberg (Boland) in die finaal af te reken.

Coenraad was in ’n taai stryd gewikkel vir die eerste plek en het uiteindelik die goue medalje in die kategorie vir seniors 74-84kg op punte verower.

Hy is onlangs ook aangewys as die Afrika Spele-kampioen.

Die Westelike Provinsie het vir die tweede agtereenvolgende jaar elke trofee in die onderskeie afdelings ingepalm.

* Atlete van die Paarl Ontspanning- en Stoeiklub het ook uitsonderlike prestasies by hierdie byeenkoms behaal.

Breyten Maritz (goud, o.8 30-33kg), Dirkie Joubert (silwer, o.9 33-36kg), Jerome Adriaanse (goud, o.17 42-46kg en ope 42-46kg) en Kearnel Collins (silwer, seniors 55-60kg) het elkeen medaljes ontvang.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za