Giftige Walters toer met Cobras
2007-09-20
DIE belowende krieketspeler, Lee-Roy Walters (20), is onlangs by die Nashua Cape Cobras se toerspan ingesluit wat vandeesweek na Fochville (Noordwes) vertrek het.
Hierdie vurige kolwer en paaltjiewagter van Paarl Krieketklub speel al vir die afgelope drie jaar vir Boland en het ook vroeër vanjaar die SA Akademie-span verteenwoordig.
“Ek voel baie opgewonde om saam met die Cobras te gaan toer, maar ek is terselfdertyd ook baie op my senuwees,” het Walters erken.
“Dit is seker my enigste kans om te bewys wat in my steek en ek wil nie dié geleentheid deur my vingers laat glip nie.”
Walters speel sedert skooldae af vir Paarl en het ’n hoogste telling van 103 nie uit nie.
More
News
|