Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples pronk ná sege

Young Peoples pronk ná sege
 
2007-09-20


DIE Young Peoples Rugbyklub het Saterdag op Daljosafat verseker dat hulle as die kampioene in die Premierliga A (WP) bekroon word met ’n welverdiende 38-18 sege oor Coronations van Stellenbosch.

Die Paarliete moes hierdie kragmeting met ’n bonuspunt wen aangesien Elsiesrivier vir Albions met 95-3 verneder het.

Young Peoples se voorspelers het aanvanklik gesukkel om die swaar pak van Coronations te tem, maar die agterspelers het deurgaans gevaarlik gelyk op die aanval.

Delwayne Cornelissen het Young Peoples vroeg laat voorloop met drie strafdoele.

Manie Adams het ná ’n skitterende agterlynbeweging oor die doellyn gestorm wat die halftydtelling tot 14-6 gebring het.

Young Peoples het gedurende die tweede helfte hul teenstanders tot oorgawe gedwing. Lorenzo Jacobs het ’n drie langs die pale gaan druk en kort daarna is Garth Lewis oor vir nog vyf punte.

Jody Davids het met sy drie vir Young Peoples ’n bonuspunt verseker, terwyl Rowan Fortuin soos ’n stormram die finale spyker in Coronations se kis gehamer het.

* Young Peoples II het 29-3 verloor terwyl Young Peoples III met 14-3 die knie moes buig.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za