Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl wen, maar foute knou hul drome

Paarl wen, maar foute knou hul drome
 
2007-09-20


DIE Paarl Rugbyklub het verlede Saterdag weereens een van die top spanne in hul liga met ’n nealskraap 31-30 oorwinning geklop.

Die span van Hands and Hearts, wat verlede jaar nog in die Superliga gespeel het, kon nie hul laaste wedstryd van die seisoen teen 'n verswakte Paarl-span wen nie.

Die Paarliete het vroeg in die eerste helfte 13-0 voorgeloop, maar het later ’n insinking ervaar. Die voorspelers was nie opgewasse om hul teenstanders in toom te hou nie.

Tydens die tweede helfte het Paarl die krane behoorlik oopgedraai met die agterlyn wat goed verdedig het.

Paarl se drieë was aangeteken deur Ryno van Wyk (skrumskakel), Rudolf Buys (senter) en Gerhard Brandt (heelagter). Clive Samuel het met drie strafskoppe, een skepskop en twee doelskoppe geslaag. Enver Baker-Effendi (senter) was aangewys as speler van die wedstryd.

Paarl het die seisoen wel goed geëindig, maar het ’n duur les geleer. Swakker spanne in die liga het Paarl op hulle tuisvelde geklop en sodoende verhoed om na die superliga op te skuif.

Die afgelope twee jaar het Paarl nie een ligawedstryd tuis verloor nie, maar telkens teen swakker spanne punte verloor as hulle ’n wegwedstryd aandurf.

Die besoekende toeskouers moet nie die spel beïnvloed nie en die span moet fokus op die spel behou. Paarl wou ongelukkig nie kommentaar oor die gehalte van die skeidsregters lewer nie.

* Ander uitslae: Paarl II verloor 20-33 en Paarl III verloor 32-13.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za