Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


WP se JD Moller mik na meer

WP se JD Moller mik na meer
 
2007-09-20

Jacques Rossouw

DIE voormalige voorry van die Hoër Jongenskool Paarl, JD Moller (25), het Saterdag op Loftus Versfeld in sy 50ste wedstryd vir die Westelike Provinsie teen die Blou Bulle uitgedraf.

Alhoewel dit ’n ervaring was wat die WP gou sal wil vergeet, het Moller vandeesweek gesê dit was nog steeds vir hom ’n groot mylpaal. “Dit sou natuurlik beter gewees het indien ons gewen het, maar dit was nietemin ’n baie spesiale geleentheid,” het hy verduidelik.

Moller het sy debuut vir die Streeptruie in 2003 gemaak teen Oostelike Provinsie en hy sê sy ideaal is om 100 wedstryde vir die WP te speel.

“My eerste wedstryd vir die WP sal altyd ’n uitsonderlike oomblik bly, maar die feit dat ons verlede jaar twee keer met die Bulle afgereken het, is ook ’n hoogtepunt in my loopbaan.

“Die WP het ’n fantastiese kultuur propvol trots en tradisie. Die ondersteuners is passievol.

“Nuweland is nie net baie spesiaal nie, maar ook baie anders as enige ander stadion in die wêreld.

“Wat ander klubs en unies in Suid-Afrika of oorsee betref, kan ’n mens nooit ’nooit’ sê nie, maar my hart is in die WP en my toekoms is hier en ek sal graag ook vir die Springbokke wil speel.”

Moller het in 1999 en 2000 vir HJS se eerstespan gespeel en het ná matriek vir Maties uitgedraf.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za