Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Help op Paarlberg

Help op Paarlberg
 
2005-06-09


DIE tweede Paarlberg-gemeenskapsuitkap, of “hack”, vind Saterdag tussen 08:00 en 10:00 plaas.

Belangstellendes ontmoet by die Victoriadam T-aansluiting op Jan Phillipsbergpad-suid. Dit is ’n goeie kans om van stres ontslae te raak.

Jong indringerplante sal met die hand uitgetrek word. Bring handskoene, pik, panga of snoeiskêr saam.

Skakel Gael Campbell-Young by 872-8672 of 084-793-2876 as jy ’n groep het wat hul eie area wil gaan uitkap.

Die derde vroegoggend berguitstappie sou verlede Saterdag plaasgevind het, maar as gevolg van die reën moes dit uitgestel word.

Dit gaan nou Saterdag plaasvind, van 14:00 tot 16:00. Die staproete sal ’n paadjie deur die gebrande area naby die FM-toring volg.

Ontmoet by die hoofhek van Paarlberg Natuurreservaat (draai af van die Jan Phillipsbergpad na die rotse en damme toe en hou stil by hek).

Hierdie gaan ’n redelike rustige, begeleide uitstappie en kinders is baie welkom om saam te kom.

Let asseblief daarop dat alle aktiwiteite gekanselleer sal word indien dit reën. Deelname word op eie risiko gedoen en geen honde word in die reservaat toegelaat nie.

Die Paarlbergse projekte word ondersteun deur die Wynlandtak van die Botaniese Vereniging.

Om ’n lid te word van die Botaniese Vereniging, kontak Hoofkantoor, Privaatsak X10, Claremont, 7735; tel 797-2090; faks 797-2376 of info@ botanicalsociety.org.za of www.botanicalsociety.org.za.

* Upcoming Paarl Mountain activities include a second Paarl Mountain community hack on 11 June and a third early morning mountain walk on 11 June.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za