Hulp met babavoeding
2005-06-09
DIE Health Systems Trust, in samewerking met die Departement van Gesondheid en Agapé, is besig met ’n projek in Paarl wat ma’s wil help met die voeding van pasgebore babas.
Die gedagte is om die gesondheid van pasgebore babas te verbeter deur dié projek. Een manier is om bystand aan ma’s te verleen deur vroue uit die gemeenskap te kry wat opgelei is in babavoeding.
Hulle beplan om tien vroue uit die Paarl in diens te neem vir twee jaar op ’n nie-hernubare kontrak.
Die gebiede wat by die studie ingesluit word, is Mbekweni, Chicago, Kingston Town, Klein Nederburg, Fairyland, Smartie Town, Milky Town, Dalvale, Amstelhof en Hillcrest.
Kandidate (slegs vroue) moet tussen 20 en 60 jaar oud wees; in een van die genoemde gebiede woon met geen planne om binne die volgende drie jaar te verhuis nie; Engels, Afrikaans en Xhosa praat; matriek geslaag het met ’n goeie reputasie in die gemeenskap.
Aansoekers moet belang stel om kindervoeding te bespreek en ma’s te help daarmee; hulle moet toegewyd wees en belang stel om met ander vroue in die gemeenskap saam te werk.
Laastens moet hulle ook oor ’n bankrekening beskik, of bereid wees om een te open, asook ’n betroubare, persoonlike selfoon hê of in staat om een te koop.
As u aan die kriteria voldoen, kan u skriftelik aansoek doen by Thantaswa Mbenenga, Good Start Study, K2 Paarl Hospitaal.
Aansoeke mag ook na bogenoemde adres geneem word tussen 08:00 en 18:00, van Maandag tot Vrydag. Die telefoonnommer is 872-6541 of 073-397-3001 of faks 872-6541.
Aansoeke moet ’n dekbrief insluit wat motiveer hoekom die kandidaat geskik is vir die werk en ook bevestiging gee dat die vrou voldoen aan al die kriteria.
Sluit ook detail in van enige vrywillige werk en kontakbesonderhede van ten minste twee referente.
Gee ook u kontakbesonderhede sodat u gekontak kan word. Sluit ’n fotokopie in van ’n bankstaat of diensterekening wat u adres aandui.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is môre 12:00. Onderhoude is op 17 Junie.
As u niks hoor nie, beteken dit die aansoek was nie suksesvol nie.
More
News
|