Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leefstylkalender

Leefstylkalender
 
2007-09-27


Evangelie-veldtog. Die Gathering Wholeness Centre in New Orleanslaan, Paarl, hou vanaf vandag tot Saterdag ’n evangelieveldtog met pastoor Wally Morrie. Predikers wat hom gaan bystaan, is pastore Siegelaar, Henkey en Januarie van Kaapstad.

Boeke. Saterdag om 11:00 sal Willem Anker gesels by Protea Boekwinkel (Stellenbosch) met die bekende literator, Louise Viljoen, oor sy indrukwekkende debuutroman “Siegfried” wat onlangs verskyn het. Vrydag 5 Oktober om 19:00 sal drie digbundels wat onlangs verskyn het, in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) bekend gestel word. Dié bundels is “passies en passasies” (Marlise Joubert),”Sonskyf” (Trienke Laurie) en “Sloper” (Louis Esterhuizen). Skakel 021- 882-9100 vir meer besonderhede.

Dagboek-bekendstelling. Die Jong Dames Dinamiek hou ’n dagboek-bekendstelling op 3 Oktober om 19:00 by Oranje Meul Kunsgalery saam met die skilder Portchie. Kaartjies kos R20 en besprekings kan gedoen word by Olivea de Waal by 083-651-3432.

CAD. Die Christelike Afhanklikheids Diens (CAD) vergader nou permanent by die ACVV kantoor te Gimnasiumstraat. Hulle vergader elke Maandag om 19:30. Skakel Christo Jacobs 021-863-2076 of 082-256-5006.

Cooking. Chef in my Kitchen runs on SABC2 every Saturday morning at 08:00 until 17 November. In each of the 13 episodes, chef Citrum Khumalo and anchor Dylan Coopoo give viewers a sneak peak into our neighbours’ lives, loves, homes and kitchen cupboards.

Angs en depressie. Daar is ’n ondersteuningsgroep in die Paarl vir mense wat depressie en angs ervaar, in hul herstelfase is, asook gesinslede wat ondersteuning bied. Skakel Christo Visser en Mientie Kroukamp by 021-872-7466.

Compassionate Friends. Daar is ’n ondersteuningsgroep in die Paarl vir ouers (gesinne) wat ’n kind of kinders aan die dood afgestaan het. Navrae by 021-872-3613.

Tik-hulp. Die St Josephs AME-kerk in Bougaardstraat, Paarl, bied berading en voorbidding vir mense wat met die Tik-probleem worstel. Skakel eerw Keith Links by 076-450-4198 oor byeenkomste Dinsdae en Donderdae van 10:00 tot 12:00.

Jeug. Die sentrum vir jeug- en familiebediening van die Hugenote Kollege, Space, in Pentzstraat, Wellington, verskaf pastorale begeleiding vir jongmense met probleme soos groepsdruk, selfmoordneigings, dwelmafhanklikheid en gesinsgeweld Woensdae tussen 14:00 en 16:00 teen ’n fooi van R20. Kontak Gielie Loubser by 021-873-2736.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za