Skrywers gesels oor hul boeke
2007-09-27
DIE skrywer Barend PJ Erasmus se roman, Die Nege Kerse van Magriet, word Saterdag om 10:30, bekend gestel by Boek Hoekie in die Paarl.
Dit is ’n boeiende verhaal wat begin in Londen, waar agent Werner Jansen werksaam is. Magriet is sy vrou, die stille hawe, waar die Jansen-familie tot rus kan kom.
Volgens Mariana Loots se resensie word daar nie doekies omgedraai oor sensitiewe politieke kwessies nie en voorsien sy dat die boek dieselfde massa-histerie as “De La Rey” van Bok van Blerk kan veroorsaak.
Barend PJ Erasmus was voorheen in die diplomatieke diens en was ook die redakteur van die destydse Panorama. Hy is al vir ongeveer 20 jaar woonagtig te Phillipstown.
Vir enige navrae of om te bespreek, skakel 021- 872-2851 of 082-480-6905. Toegang is gratis.
More
News
|