Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leer skilder voor Kersfees

Leer skilder voor Kersfees
 
2007-09-27


ASPIRERENDE kunstenaars kan teen Kersfees reeds ‘n paar skilderye gereed hê.

‘n Skilderkursus deur Lorraine Blumer, die bekende kunsonderwyseres van Jack Meyer Kunsskool, sal vanaf 17 Oktober oor ‘n tydperk van ses weke met ses lesings aangebied word in die Stellenbosse Kunsverenigingslokaal by die Sasol Kunsmuseum.

Die lesings van twee uur elk sluit in basiese teken gerig op skilder, met inbegrip toonwaarde, vormgewing, komposisie en verhoudings.

Die onderwerp sal ‘n stillewe wees.

In opvolgende lesings word kleurvermenging, aanwending, eienskappe van akriel en olieverf behandel, met die skilder van ‘n stillewe en ook skilder van foto’s af.

Die kursus (R300) word van 19:00 tot 21:00 aangebied en sal op 21 November eindig.

Doen aansoek by die Kunsvereniging by 021-808-3668 of kunsartstel@sun.ac.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za