Familie kuier by die Waterpoel
2007-09-27
DIS familievermaak by Die Waterpoel-teater op 6 Oktober wanneer Marga van Rooy Lekkerlagstories vertel uit die pen van Dot Serfontein en PH Nortjé.
Dis skaterverhale met ’n plattelandse inslag wat met vindingrykheid en spitsvondigheid vertel word.
Marga onderstreep dat dit nie net vroumensstories is nie en dat mans kan saamluister na rugbystaaltjies.
Volgende by die Waterpoel is die sangeres Luna, op 27 Oktober.
Hierdie sangeres sal haar gehoor betower met romantiese en mistieke musiek so wonderlik soos net die volmaan kan wees oor Waterpoel.
Kontak Trudy by 082-896-9863. .
More
News
|