Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fees spog met CD borgskap

Fees spog met CD borgskap
 
2007-09-27


CULTIVARIA het reeds bekendheid verwerf as ’n fees van eerstes.
Hierdie naweek was geen uitsondering nie, toe dit bekend gemaak is dat die internasionale petroleummaatskappy Total, R200 000 geskenk het aan Kevin Leo and the Sweet Voice Masters.

Hierdie geld sal gebruik word om hul eerste CD, wat tydens die Black Tie Dinner Donderdagaand bekend gestel is, landwyd te bevorder.

Tydens Saterdag se optrede van Leo en sy sangers was verteenwoordigers van Total uit Frankryk in die gehoor.

Hulle was so beïndruk deur hierdie magiese sanggroep, dat hulle summier besluit het om met die skenking voort te gaan.

Hierdie geld sal ook gebruik word om ’n projek van stapel te stuur om landswyd nuwe stemme te soek.

Dit is die eerste CD wat onder die Cultivaria-etiket uitgegee word - die enigste fees in die land wat hiermee kan spog.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za