Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sentrum van hoop sal baat by fonds

Sentrum van hoop sal baat by fonds
 
2007-09-27

David Joshua

DIE Drakenstein Sentrum vir Persone met Gestremdhede, gehuisves in die ou Simondium-gevangenis, bied ’n spesiale tuiste vir gestremdes van die omgewing. Dit is een van die organisasies wat deur die Paarl Post Kersfonds gesteun word.

“Dis nie net vir ons ’n sentrum van hoop nie, maar ook vir ons ’n tuiste waar ons nie weggegooi of verstote voel nie,” sê Job Fortuin.

Hy werk in die kontrak-afdeling en is heel handig agter die slypmasjien waar hy die elektriese elemente afrond vir Satchwell Controls. Hulle doen verstellings aan dié elemente vir elektriese toebehore.

Sy ledemate is kromgetrek van artritis en hy loop moeilik met krukke.

Drie van sy kollegas het ook beroerte gehad en ontvang tans op gereelde grondslag fisioterapie by die Elangeni sentrum naby TC Newman Daghospitaal.

“Die klem van ons dienste is op die bemagtiging en kapasiteitsbou van mense met gestremdhede,” sê sentrumhoof Lizette September.

“Dit word hoofsaaklik gedoen deur die implementering van ’n inkomste-genererende werkswinkel.”

Sy sê dat volwassenes met fisiese en psigiese getremdhede wat ’n ongeskiktheidstoelae ontvang, by die werkswinkel geplaas word.

Hulle ontvang vaardigheidsopleiding met die doel om hulle in die ope arbeidsmark te plaas, of hulle in staat te stel om hul eie besigheid tuis te begin.

Die werkswinkel bied verskillende afdelings, insluitend naaldwerk, houtwerk, kontrakwerk en stoffering .Die perseel word gedeel met die Paarl School of Skills.

Maatskaplike werkster Lynette Williams sê die sentrum is ’n geregistreerde welsynsorganisasie wat ook maatskaplike dienste lewer aan mense met fisiese sowel as ander soortgelyke gestremdhede.

Hulle lewer die dienste, insluitende aangepaste vervoer, aan omtrent 1350 gestremde persone in die vallei van Franschhoek tot Saron.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za