Mallies maak nog musiek
2007-09-27
DIS skreeusnaakse dialoog, sosiale kommentaar op ritme en dis die gemelk van heilige koeie - alles op die nuwe CD deur Mallies le Roux van die Paarl.
Dit is alles daar: van Liewe Jan (van Riebeeck) wat vrou soek, tot die ex-pat wat in Nieu-Seeland huil op maat van die Mbekweni Jeugkoor en die klopseritme van die Maleier banjospeler wat vir Mallies sy eerste kitaar gegee het.
Met sy enkele konserte wat lank vooruit volbespreek is, kan dié gewilde musikant se vierde CD verkry word in musiekwinkels en van Kevin van der Spuy 021-852-3969, info@ hoezitmusiek.co.za
More
News
|