Voetgangers sterf
2007-09-27
TWEE voetgangers, onder wie ’n dertienjarige meisie, is die afgelope naweek op plaaslike paaie dood.
Vuyifeka Mbanyaru van Fisantekraal het Vrydag met ’n skoolbus ’n geleentheid na Wellington gekry om die naweek saam met vriende te spandeer.
Toe die bus op ’n grondpad net buitekant Klapmuts stilgehou het om kinders af te laai, het Mbanyaru ook uit die bus geklim.
Volgens ooggetuies het sy voor die bus om geloop en voor ’n aankomende motor ingeloop. Sy is op slag dood.
* Damon Jansen van Elandstraat, Vanwyksvlei, is Saterdagaand in Wellington dood toe hy deur ’n motor getref is op die hoek van Champagne- en Voorstraat.
* Die Paarl polisie is op soek na enige inligting oor ’n man wat doodgery is op die N1. Die man is in die vroeë oggendure van Vrydag 3 Augustus deur ’n motor getref naby die Ceciliastraat-afrit. Enige inligting oor dié persoon kan oorgedra word aan insp Granville Maarman by 021-807-4066.
* Two people died on local roads this past week, when they were knocked down by vehicles.
More
News
|